14 October 2025
Blaai af vir Afrikaanse weergawe.
The Free Market Foundation (FMF), through its Liberty First initiative, at a press briefing today launched a major new policy paper titled “Lean But Efficient: The Fiscal and Moral Imperative of Cutting South Africa’s Cabinet” by Dr Morné Malan, Senior Associate at the FMF.
This comes in anticipation of finance minister Enoch Godongwana’s medium-term budget policy statement, due to be delivered on 12 November 2025.
According to the FMF, South Africa’s bloated Cabinet is financially, administratively, and morally bankrupting the country. With government spending consuming a third of GDP, debt racing towards unsustainable levels, and unemployment entrenched above 33%, the FMF argues that reform can no longer be deferred.
“We are at a tipping point. South Africa’s state has grown far beyond its competence. Reform is no longer optional. A smaller Cabinet will not weaken governance, in fact, it will restore it,” says Dr Malan. “South Africa’s Cabinet is one of the largest in the world relative to its population and GDP and still fails to deliver basic services. It is not serving, but rather suffocating, its citizens.”
The paper highlights that South Africa currently maintains 32 ministries and 37 deputy ministers, compared with Germany’s 17, Japan’s 20, and the United Kingdom’s 22 – all of which manage far larger and more complex economies.
The FMF estimates that reducing the Cabinet could save between R5 and R10 billion annually, with potential total savings of up to 1% of annual GDP once indirect costs and regulatory burdens are factored in.
In light of the findings in the analysis, the FMF calls for reducing the Cabinet to 10 essential portfolios, merging overlapping functions, and abolishing redundant ministries such as Small Business Development; Sports, Arts, and Culture; and Tourism. It also urges government to privatise state-owned enterprises, cap expenditure at 25% of GDP, and impose a ‘one-in, two-out’ rule for new regulations to stem bureaucratic creep.
According to the FMF, large Cabinets often arise not from genuine governance needs but from coalition politics and patronage networks. Reducing the executive would streamline decision-making, curb waste, and help reallocate resources to debt reduction and tax relief.
“Every unnecessary ministry means more bureaucrats, more red tape, and more waste,” says Martin van Staden, FMF Head of Policy. “Cutting the Cabinet is, therefore, not merely symbolic. It’s a moral imperative, because a smaller state is a freer, fairer, and more accountable state.”
The paper further notes that history is on the side of reformers. Countries such as New Zealand, Singapore, and post-war Germany all achieved rapid growth and fiscal recovery through radical administrative downsizing. South Africa, the FMF warns, risks continued stagnation unless it follows suit.
“The crisis is clear, the evidence overwhelming, and the solutions proven. Either we choose reform, or reform will be forced upon us by economic collapse. South Africans deserve a government that does less, but does it well,” concludes Malan.
Click here to read the full report.
Click here to view the livestream of the press briefing.
Ends.
***
FMF doen ’n beroep vir Kabinetsbesnoeiing om doeltreffendheid, vertroue, en groei te herstel
14 Oktober 2025
Scroll up for English version.
Die Vryemarkstigting (FMF) het vandag, deur sy Liberty First-inisiatief, tydens ’n perskonferensie ’n belangrike nuwe beleidsverslag bekendgestel, getiteld “Lean But Efficient: The Fiscal and Moral Imperative of Cutting South Africa’s Cabinet” deur dr. Morné Malan, Senior Medewerker by die FMF.
Dit kom in afwagting van die Minister van Finansies, Enoch Godongwana, se mediumtermyn-begrotingsbeleidsverklaring, wat op 12 November 2025 gelewer sal word.
Volgens die FMF is Suid-Afrika se opgeblaasde Kabinet besig om die land finansieel, administratief, en moreel te ruïneer. Met staatsbesteding wat ’n derde van die BBP opslurp, skuld wat teen onvolhoubare tempo’s toeneem, en werkloosheid wat hardnekkig bo 33% bly, meen die FMF dat hervorming nie langer uitgestel kan word nie.
“Ons is by ’n kantelpunt. Suid-Afrika se staat het ver buite sy bevoegdheid gegroei. Hervorming is nie meer ’n keuse nie. ‘n Kleiner Kabinet sal nie bestuur verswak nie, dit sal dit eintlik herstel,” sê dr. Malan. “Suid-Afrika se Kabinet is een van die grootste ter wêreld relatief tot sy bevolking en BBP en misluk nog steeds om basiese dienste te lewer. Eerder as om sy burgers te dien, is die Kabinet besig om ons te versmoor.”
Die verslag wys daarop dat Suid-Afrika tans 32 ministers en 37 adjunkministers handhaaf, in vergelyking met Duitsland se 17, Japan se 20, en die Verenigde Koninkryk se 22 – almal lande met veel groter en meer komplekse ekonomieë.
Die FMF bereken dat ’n verkleining van die Kabinet jaarliks tussen R5 en R10 miljard kan bespaar, met moontlike totale besparings tot 1% van die jaarlikse BBP wanneer indirekte koste en regulatoriese laste in berekening gebring word.
In die lig van hierdie bevindings doen die FMF ’n beroep dat die Kabinet tot 10 noodsaaklike portefeuljes verminder word, oorvleuelende funksies saamgevoeg word, en oorbodige departemente soos dié van Kleinsakeontwikkeling, Sport, Kuns en Kultuur, en Toerisme afgeskaf word. Die FMF beveel verder aan dat die regering staatsbeheerde ondernemings privatiseer, staatsbesteding tot 25% van die BBP beperk, en ’n “een-in, twee-uit”-reël vir nuwe regulasies instel om burokratiese uitbreiding te stuit.
Volgens die FMF ontstaan groot kabinette dikwels nie uit egte bestuursbehoeftes nie, maar uit koalisiepolitiek en patronaatnetwerke. ’n Kleiner uitvoerende gesag sal besluitneming versnel, verkwisting beperk, en hulpbronne hertoewys na skuldvermindering en belastingverligting.
“Elke onnodige ministerie beteken meer burokrate, meer regulatoriese hindernisse, en meer vermorsing,” sê Martin van Staden, FMF Beleidshoof. “Om die Kabinet te verklein, is dus nie bloot simbolies nie. Dit is ’n morele noodsaaklikheid, want ’n kleiner staat is ’n vryer, regverdiger, en meer aanspreeklike staat.”
Die verslag wys verder daarop dat die geskiedenis aan die kant van hervormers is. Lande soos Nieu-Seeland, Singapoer, en na-oorlogse Duitsland het almal vinnige groei en fiskale herstel behaal deur radikale uitvoerende inkrimping. Die FMF waarsku dat Suid-Afrika sal aanhou stagneer indien dit nie dieselfde pad volg nie.
“Die krisis is duidelik, die bewyse oorweldigend, en die oplossings beproef. Of ons kies hervorming, of hervorming sal op ons afgedwing word deur ekonomiese ineenstorting. Suid-Afrikaners verdien ‘n regering wat minder doen, maar dit goed doen,” sluit Malan af.
Klik hier om die volledige verslag te lees.
Klik hier om die regstreekse uitsending van die perskonferensie te besigtig.
Einde.




