Free Market Foundation embarks on United States tour following announcement by US Secretary of State

FMF Press Release (Liberty Freedom 2)

17 September 2026

Blaai af vir Afrikaanse weergawe.

The Free Market Foundation (FMF) is in the United States of America this month to inform American counterparts about the state of the United States-South Africa relationship and about conditions inside South Africa that continue to damage that relationship.

FMF Chief Executive Officer David Ansara and FMF Head of Policy Dr Martin van Staden are meeting with federal officials, think tanks, lobbyists, and policy influencers in Washington DC, with further engagements in New York City, during September and October 2026. During these meetings, the FMF delegation will be handing over a memorandum setting out the FMF’s assessment for an American audience.

Ansara and Van Staden are also speaking at the White Cross Project Conference at the National Press Club in Washington on 25 September, hosted by South African think tank and advocacy group, Lex Libertas.

Pretoria’s misconduct

This comes shortly after the announcement on 15 September by US Secretary of State Marco Rubio of a new visa restriction policy targeting South African nationals who are responsible for, or complicit in, threats to private property rights, discriminatory race-based laws, or incitement of imminent violence against members of ethnic or racial minorities in South Africa. 

The FMF supports this measured and targeted approach taken by the United States government towards those responsible for the implementation of these policies in South Africa and urges the administration to avoid taking steps that will harm the country collectively. 

In February 2025, the FMF welcomed United States action directed at what the White House correctly called the “egregious actions” of the South African government. At the time, as it does today, the FMF argued that the rupture in relations was of Pretoria’s own making: insecure private property, a hostile foreign-policy posture towards a long-standing commercial and strategic partner, and the persistence of race as a legal criterion in economic relations. 

The FMF has since argued that American pressure is justified, and that South Africa cannot treat the United States as a doormat while actively aligning with that country’s adversaries, and that the confiscatory and racialist domestic policies in question are inconsistent with the text and values of South Africa’s own Constitution.

In light of recent policy developments, the FMF reiterates that any American response must distinguish the racial-socialist policies of the central government from ordinary South Africans and their businesses who remain well-disposed towards the US.

“In the absence of a responsible stance toward the United States by the South African government, it falls to civil society to explain what is actually happening in South Africa,” says Ansara. “We are going to Washington to inform and to propose constructive solutions, not to ask for charity. Our American counterparts should hear a South African account that welcomes justified pressure, insists that it be targeted, and refuses to treat the government and the people of South Africa as one and the same.”

Memorandum

The briefing memorandum that Ansara and Van Staden are submitting is named in honour of Donald Caldwell, an American journalist and author who worked with the FMF during the transition out of Apartheid in the late 1980s and early 1990s. Caldwell passed away in a car accident in 1992.

The memorandum will be publicised in the coming weeks.

“Americans who still have commercial, strategic, and personal ties to South Africa are entitled to an honest account not sanitised through Pretoria’s euphemisms and filters,” says Dr Van Staden. “That is what this visit is about. The Don Caldwell Memorandum we will be sharing during our engagements is a description of domestic fact and a request for constructive engagement – so that pressure from Washington is aimed at the policies and officials responsible for South Africa’s decline.”

Ends.

***

Vryemarkstigting onderneem toer na die Verenigde State ná aankondiging deur Amerikaanse Minister van Buitelandse Sake

17 September 2026

Scroll up for English version.

Die Vryemarkstigting (FMF) is hierdie maand in die Verenigde State van Amerika om Amerikaanse eweknieë in te lig oor die stand van die verhouding tussen die Verenigde State en Suid-Afrika, en oor toestande binne Suid-Afrika wat daardie verhouding steeds skaad.

Die FMF se Hoof Uitvoerende Beampte, David Ansara, en die FMF se Beleidshoof, dr. Martin van Staden, ontmoet federale amptenare, dinktenks, lobbyiste, en beleidsbeïnvloeders in Washington DC, met verdere gesprekke in New York City, gedurende September en Oktober 2026. Tydens hierdie ontmoetings sal die FMF-afvaardiging ’n memorandum oorhandig wat die FMF se assessering vir ’n Amerikaanse gehoor uiteensit.

Ansara en Van Staden tree ook op 25 September by die Witkruisprojek-konferensie by die Nasionale Persklub in Washington op, aangebied deur die Suid-Afrikaanse dinktenk- en voorspraakgroep Lex Libertas.

Pretoria se wangedrag

Dit volg kort op die aankondiging van 15 September deur die Amerikaanse Minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, van ’n nuwe visumbeperkingsbeleid wat gemik is op Suid-Afrikaanse onderdane wat verantwoordelik is vir, of medepligtig is aan, bedreigings teen private eiendomsreg, diskriminerende rasgebaseerde wette, of aanhitsing tot dreigende geweld teen lede van etniese of rasseminderhede in Suid-Afrika.

Die FMF steun hierdie deurdagte en geteikende benadering van die regering van die Verenigde State teenoor diegene wat vir die implementering van hierdie beleide in Suid-Afrika verantwoordelik is, en doen ’n beroep op die administrasie om stappe te vermy wat die land kollektief sal benadeel.

In Februarie 2025 het die FMF Amerikaanse optrede verwelkom wat gemik was op wat die Withuis tereg die “gruwelike optrede” van die Suid-Afrikaanse regering genoem het. Destyds, soos vandag, het die FMF aangevoer dat die breuk in betrekkinge Pretoria se eie toedoen is: onsekere private eiendomsregte, ’n vyandige buitelandse beleid-houding teenoor ’n langdurige kommersiële en strategiese vennoot, en die volgehoue gebruik van ras as ’n regsmaatstaf in ekonomiese verhoudinge.

Die FMF het sedertdien aangevoer dat Amerikaanse druk geregverdig is, dat Suid-Afrika nie die Verenigde State as ’n deurmat kan behandel terwyl hy hom aktief skaar by daardie land se teenstanders nie, en dat die relevante konfiskerende en rassistiese binnelandse beleide onversoenbaar is met die teks en waardes van Suid-Afrika se eie Grondwet.

In die lig van onlangse beleidsontwikkelinge herhaal die FMF dat enige Amerikaanse reaksie onderskeid moet tref tussen die ras-sosialistiese beleide van die sentrale regering en gewone Suid-Afrikaners en hul ondernemings wat steeds goedgesind teenoor die VSA staan.

“In die afwesigheid van ’n verantwoordelike houding teenoor die Verenigde State deur die Suid-Afrikaanse regering, berus dit by die burgerlike samelewing om te verduidelik wat werklik in Suid-Afrika aan die gang is,” sê Ansara. “Ons gaan Washington toe om in te lig en om konstruktiewe oplossings voor te stel, nie om om liefdadigheid te vra nie. Ons Amerikaanse eweknieë moet ’n Suid-Afrikaanse weergawe hoor wat geregverdigde druk verwelkom, daarop aandring dat dit geteiken word, en weier om die regering en die mense van Suid-Afrika as een en dieselfde te behandel.”

Memorandum

Die inligtingsmemorandum wat Ansara en Van Staden indien, is genoem ter ere van Donald Caldwell, ’n Amerikaanse joernalis en skrywer wat in die laat 1980’s en vroeë 1990’s saam met die FMF gewerk het tydens die oorgang uit Apartheid. Caldwell is in 1992 in ’n motorongeluk oorlede.

Die memorandum sal in die komende weke openbaar gemaak word.

“Amerikaners wat steeds kommersiële, strategiese, en persoonlike bande met Suid-Afrika het, is geregtig op ’n eerlike weergawe wat nie deur Pretoria se eufemismes en filters gesuiwer is nie,” sê dr. Van Staden. “Dít is waaroor hierdie besoek gaan. Die Don Caldwell-memorandum wat ons tydens ons gesprekke sal deel, is ’n beskrywing van binnelandse feite en ’n versoek om konstruktiewe betrokkenheid – sodat druk uit Washington gerig word op die beleide en amptenare wat vir Suid-Afrika se agteruitgang verantwoordelik is.”

Einde.

Share

Fund the FMF

Help FMF to promote the rule of law, personal liberty, and economic freedom.

For more content like this, Subscribe to FMF