FMF to address race law and property rights at White Cross Conference in Washington

FMF Press Release (Liberty Freedom 1)

25 September 2026

Blaai af vir Afrikaanse weergawe.

Free Market Foundation (FMF) Chief Executive Officer David Ansara and Head of Policy Dr Martin van Staden will today address the White Cross Project Conference at the National Press Club in Washington DC.

The conference is hosted by the South African think tank and advocacy group Lex Libertas, in partnership with the New York Young Republican Club. It precedes Saturday’s White Cross Project vigil on the National Mall.

The programme will also include remarks by Dr Ernst Roets, Executive Director of Lex Libertas; Stefano Forte, President of the New York Young Republican Club; Adv Mark Oppenheimer of the Johannesburg Bar and FMF Rule of Law Project; Dr James Myburgh, Editor of Politicsweb; and farm attack survivors and next of kin Amanda Platt, Heidie Taljaard, and Leon Lotz. Samuel Samson, US Deputy Assistant Secretary of State in the Bureau of Democracy, Human Rights, and Labor, will provide his insights in an interview with Dr Roets. 

Race law and threats to property

Dr Van Staden will speak on South Africa’s continued practice of legislating racially. He will set out that race remains a legally operative criterion across large parts of public and commercial life, that this body of law is not required – and in fact prohibited – by the Constitution, and that it functions in practice as a system of mandated discrimination rather than as a programme of genuine socio-economic reparation.

Van Staden is the Editor of the Index of Race Law on behalf of the South African Institute of Race Relations. 

“South Africa is one of the few constitutional democracies in which a person’s race is still treated as a legally relevant factor for ownership, employment, procurement, and licensing,” says Van Staden. “That is incompatible with the constitutional founding value of non-racialism. Foreign partners and investors are entitled to the raw facts, not Pretoria’s self-congratulatory spin.”

Ansara will speak on the Expropriation Act and the wider assault on private property. He will place the Act’s “nil” compensation regime in the context of a longer official posture against secure title, and contrast confiscation with land reform that transfers full ownership to ordinary people. 

The FMF Rule of Law Project has joined the present constitutional challenge against the Act in the Western Cape Division of the High Court as an amicus curiae. 

“The Expropriation Act is not an ordinary takings statute,” says Ansara. “It is the latest and most dangerous in a long line of policies that weaken private property rights. This Act is attack on the basic freedoms and vital economic interests of all South Africans.”

The FMF will in the coming days publish its Don Caldwell Memorandum on Socialism and Racial Engineering in “Post-Apartheid” South Africa, being the full briefing prepared for an American audience on the political and economic conditions that form the background to the FMF’s tour of Washington DC and New York City.

Ends.


FMF sal rassereg en eiendomsreg by White Cross-konferensie in Washington aanpreek

25 September 2026

Scroll up for English version.

Die Vryemarkstigting (FMF) se Hoof Uitvoerende Beampte, David Ansara, en Beleidshoof dr. Martin van Staden, sal vandag die White Cross Project-konferensie by die Nasionale Persklub in Washington DC toespreek.

Die konferensie word aangebied deur die Suid-Afrikaanse dinktenk- en voorspraakgroep Lex Libertas, in vennootskap met die New York Young Republican Club. Dit gaan Saterdag se White Cross Project-waak op die National Mall vooraf.

Die program sluit ook bydraes in deur dr. Ernst Roets, Uitvoerende Direkteur van Lex Libertas; Stefano Forte, President van die New York Young Republican Club; adv. Mark Oppenheimer van die Johannesburgse Balie en die FMF Rule of Law Project; dr. James Myburgh, Redakteur van Politicsweb; en plaasaanval-oorlewendes en nabestaandes Amanda Platt, Heidie Taljaard, en Leon Lotz. Samuel Samson, Amerikaanse adjunk-assistent-staatssekretaris in die Buro vir Demokrasie, Menseregte, en Arbeid, sal sy insigte in ’n onderhoud met dr. Roets deel.

Rassereg en bedreigings teen eiendom

Dr. Van Staden sal praat oor Suid-Afrika se volgehoue praktyk om wetgewing in rasterme te maak. Hy sal uiteensit dat ras steeds ’n regsoperatiewe maatstaf is oor groot dele van die openbare en kommersiële lewe, dat hierdie liggaam van wetgewing nie deur die Grondwet vereis word nie – inteendeel, dit word verbied – en dat dit in die praktyk as ’n stelsel van verpligte diskriminasie funksioneer eerder as ’n program van werklike sosio-ekonomiese herstelling.

Van Staden is die Redakteur van die Index of Race Law namens die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge.

“Suid-Afrika is een van die min konstitusionele demokrasieë waarin ’n persoon se ras steeds as ’n regsrelevante faktor vir eienaarskap, indiensneming, verkryging, en lisensiëring behandel word,” sê Van Staden. “Dit is onversoenbaar met die grondwetlike stigtingswaarde van nierrassigheid. Buitelandse vennote en beleggers is geregtig op die onversierde feite, nie op Pretoria se selfverheerlikende verdraaiings nie.”

Ansara sal praat oor die Onteieningswet en die breër aanslag op privaateiendom. Hy sal die wet se “nul”-vergoeding bedeling in die konteks van ’n langer amptelike houding teen veilige eiendomsreg plaas, en konfiskering teenoor grondhervorming stel wat volle eienaarskap aan gewone mense oordra.

Die FMF Rule of Law Project het as amicus curiae (vriend van die hof) aangesluit by die huidige grondwetlike uitdaging teen die wet in die Wes-Kaapse Afdeling van die Hooggeregshof.

“Die Onteieningswet is nie ’n gewone onteiening-statuut nie,” sê Ansara. “Dit is die jongste en gevaarlikste in ’n lang reeks beleide wat private eiendomsreg verswak. Hierdie wet is ’n aanval op die basiese vryhede en lewensbelangrike ekonomiese belange van alle Suid-Afrikaners.”

Die FMF sal in die komende dae sy Don Caldwell Memorandum on Socialism and Racial Engineering in “Post-Apartheid” South Africa publiseer, synde die volledige inligtingsdokument wat vir ’n Amerikaanse gehoor voorberei is oor die politieke en ekonomiese toestande wat die agtergrond vorm tot die FMF se reis in Washington DC en New York City.

Einde.

Share

Fund the FMF

Help FMF to promote the rule of law, personal liberty, and economic freedom.

For more content like this, Subscribe to FMF