World No Tobacco Day: Prioritise consumer choice and evidence-based policy over paternalism

FMF Press Release (Liberty Freedom 1)

1 June 2026

Blaai af vir Afrikaanse weergawe.

As the World Health Organisation (WHO) asks the world to observe World No Tobacco Day on 31 May, the Free Market Foundation (FMF) reaffirms its long-standing commitment to consumer choice and sound public policy that respects personal responsibility rather than expanding state control.

The FMF has consistently highlighted the dangers of overly restrictive tobacco legislation, such as South Africa’s proposed Tobacco Products and Electronic Delivery Systems Bill. If adopted, this Bill would undermine the rule of law, grant excessive discretionary powers to ministers, harm small businesses, fuel the illicit tobacco trade, and infringe on the constitutional rights of adult consumers.

“World No Tobacco Day should prompt honest reflection, not moral panic,” says Dr Martin van Staden, FMF Head of Policy. “Adults have the right to make informed choices about legal products, provided they do not harm others. Heavy-handed regulations that treat citizens like children backfire, driving markets underground and eroding trust in the law. True public health progress comes from education, economic opportunity, and respecting personal autonomy – not prohibitionist overreach that ignores South Africa’s unique realities.”

The FMF’s work on tobacco policy, spanning decades, emphasises that effective harm reduction requires balancing public health objectives with economic freedom and the rule of law. Policies like plain packaging, flavour bans, and advertising restrictions disproportionately burden compliant businesses while benefiting illicit traders. Evidence from past interventions shows that criminalising personal choices leads to unintended consequences, including lost tax revenue and weakened enforcement capacity in other critical areas.

Serious procedural and substantive flaws undermine the Tobacco Bill. 

A socio-economic impact assessment (SEIA) was conducted on the 2018 draft of the Bill, which has since been substantively amended in the form of the 2022 draft. The Department of Health’s own undertaking to deliver a costed plan within three months of tabling (i.e., by March 2023) has not been honoured, and the claim in the Bill’s memorandum of “no cost implications for the state” is plainly misinformation.

Despite opportunities at NEDLAC and during parliamentary committee hearings, no amendments were made in response to public and stakeholder submissions that question many of the Bill’s premises. Yet entirely new clauses appeared between the 2018 and 2022 versions without proper consultation – including wide ministerial powers, the 15-member Monitoring Committee, and regulation of vape flavours.

The Bill also defers core policy content to the unelected and unaccountable Monitoring Committee, which would exercise substantive policy powers with no meaningful constraints and no obligation of parliamentary oversight. 

Furthermore, with the illicit cigarette market estimated at 60–75% of the total trade, it is clear that the state already lacks the capacity to enforce existing tobacco law. Granting sweeping new powers before addressing this enforcement failure and associated corruption risks repeating a dangerous disconnect between regulatory ambition and state capacity.

Instead of further restrictions, South Africa should:

  • Incentivise smokers and vapers to return to the legal industry rather than the more affordable black market. 
  • Promote accurate information and voluntary cessation support for those who wish to quit.
  • Safeguard the property rights and freedoms of law-abiding adults and enterprises.
  • Avoid the transfer of unchecked regulatory power to the executive, which threatens constitutional democracy.

Last year, the FMF published two detailed policy papers examining the Bill. These papers provide an in-depth critique of the process followed hitherto in the adoption of the Bill by the Department and Parliament, and the Bill’s legal, economic, and constitutional shortcomings. Together, these papers reinforce the need for a fundamentally different approach grounded in evidence and liberty.

The FMF urges policymakers to learn from history: paternalism rarely achieves its stated aims and often expands government at the expense of individual agency and prosperity. On World No Tobacco Day, we call for policies rooted in evidence, liberty, and respect for consumer sovereignty.

Click here to read “South Africa’s Tobacco Bill: A case-study in anti-democratic lawmaking” by Nicholas Woode-Smith.

Click here to read “Ministerial power-grab: How South Africa’s Tobacco Bill undermines the rule of law” by Gary Moore and Martin van Staden.

Ends.

***

World No Tobacco Day: Prioritiseer verbruikerskeuse en bewysgebaseerde beleid bo paternalisme

1 Junie 2026

Scroll up for English version.

Terwyl die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) die wêreld versoek om World No Tobacco Day op 31 Mei te vier, bevestig die Vryemarkstigting (FMF) sy verbintenis tot verbruikerskeuse en gesonde openbare beleid wat persoonlike verantwoordelikheid respekteer eerder as om staatbeheer uit te brei.

Die FMF beklemtoon vir ’n geruime tyd die gevare van oormatig-indringende tabakwetgewing, soos Suid-Afrika se voorgestelde Wet op die Beheer van Tabakprodukte en Elektroniese Afleweringsisteme. Indien aanvaar, sal hierdie Wetsontwerp die oppergesag van die reg ondermyn, buitensporige diskresionêre magte aan ministers verleen, kleinsakeondernemings benadeel, die onwettige tabakhandel aanblaas, en die grondwetlike regte van volwasse verbruikers skend.

World No Tobacco Day behoort eerlike nadenke aan te spoor, nie morele paniek nie,” sê dr. Martin van Staden, Beleidshoof by die FMF. “Volwassenes het die reg om ingeligte keuses te maak oor wettige produkte, mits hulle nie ander skade doen nie. Swaarhandige regulasies wat burgers soos kinders behandel, werk teen hul doel in, dryf markte ondergronds, en ondermyn vertroue in die reg. Ware vooruitgang in openbare gesondheid spruit uit opvoeding, ekonomiese geleenthede, en respek vir persoonlike outonomie – nie verbodslustige oorskryding wat Suid-Afrika se unieke werklikhede ignoreer nie.”

Die FMF se werk oor tabakbeleid, wat dekades dek, beklemtoon dat doeltreffende skadevermindering ’n balans vereis tussen openbare gesondheidsdoelwitte, ekonomiese vryheid, en die oppergesag van die reg. Beleid soos plain packaging, verbodsbepalings op geure, en advertensiebeperkings, belas wetgehoorsame sakeondernemings oneweredig terwyl dit onwettige handelaars bevoordeel. Bewyse uit vorige intervensies toon dat die kriminalisering van persoonlike keuses tot onbedoelde gevolge lei, insluitend verlore belastinginkomste en verswakte staatskapasiteit in ander kritieke areas.

Ernstige prosedurele en substantiewe gebreke ondermyn die Tabakwetsontwerp.

’n Sosio-ekonomiese impakassessering (SEIA) is uitgevoer op die 2018-weergawe van die Wetsontwerp, wat sedertdien substantief gewysig is in die vorm van die 2022-weergawe. Die Departement van Gesondheid se eie onderneming om binne drie maande na indiening (dit wil sê teen Maart 2023) ’n gekostigde plan te lewer, is nie nagekom nie, en die bewering in die Wetsontwerp se memorandum van “geen koste-implikasies vir die staat nie” is duidelik misinligting.

Ten spyte van geleenthede by NEDLAC en tydens parlementêre komiteeverhore, is geen wysigings aangebring in reaksie op voorleggings deur die publiek of belanghebbendes wat baie van die Wetsontwerp se aannames bevraagteken nie. Tog het heeltemal nuwe klousules tussen die 2018- en 2022-weergawes verskyn sonder behoorlike konsultasie – insluitend wye ministeriële magte, die 15-lid Moniteringskomitee, en regulering van vape-geure.

Die Wetsontwerp skuif ook fundamentele beleidsbepaling oor na die onverkose en onrekenskapbare Moniteringskomitee, wat substantiewe beleidsmagte sal uitoefen sonder betekenisvolle beperkings en sonder enige verpligting tot parlementêre toesig.

Verder, met die onwettige sigaretmark wat op 60–75% van die totale handel geraam word, is dit duidelik dat die staat reeds nie die kapasiteit het om bestaande tabakwette uit te voer nie. Om nuwe verregaande magte te verleen voordat hierdie gebrek aan kapasiteit en die gepaardgaande korrupsie aangespreek word, loop die risiko om ’n gevaarlike teenstrydigheid tussen regulatoriese ambisie en staatskapasiteit te herhaal.

In plaas van verdere beperkings, behoort Suid-Afrika:

  • Rookers en vape-gebruikers aan te spoor om na die wettige bedryf eerder as die meer bekostigbare swartmark terug te keer.
  • Akkurate inligting en vrywillige ophou-ondersteuning te bevorder vir diegene wat wil ophou.
  • Die eiendomsregte en vryhede van wetgehoorsame volwassenes en ondernemings te beskerm.
  • Die oordrag van onbeperkte regulatoriese mag aan die uitvoerende gesag te vermy, wat konstitusionele demokrasie bedreig.

Verlede jaar het die FMF twee gedetailleerde beleidsdokumente gepubliseer wat die Wetsontwerp ondersoek. Hierdie dokumente bied ’n indiepte-kritiek op die proses wat tot dusver deur die Departement en die Parlement gevolg is rakende die aanvaarding van die Wetsontwerp, asook die Wetsontwerp se regs-, ekonomiese-, en grondwetlike tekortkominge. Saam versterk hierdie dokumente die behoefte aan ’n fundamenteel ander benadering wat gegrond is op bewyse en vryheid.

Die FMF spoor beleidsmakers aan om uit die geskiedenis te leer: paternalisme bereik selde sy gestelde doelwitte en brei dikwels regeringsmag uit ten koste van individuele outonomie en welvaart. Op World No Tobacco Day dring ons aan op beleid wat gewortel is in bewyse, vryheid, en respek vir verbruikerssoewereiniteit.

Klik hier om “South Africa’s Tobacco Bill: A case-study in anti-democratic lawmaking” deur Nicholas Woode-Smith te lees.

Klik hier om “Ministerial power-grab: How South Africa’s Tobacco Bill undermines the rule of law” deur Gary Moore en Martin van Staden te lees.

Einde.

Share

Fund the FMF

Help FMF to promote the rule of law, personal liberty, and economic freedom.

For more content like this, Subscribe to FMF

RELATED ARTICLES

WATCH OUR LATEST VIDEO

FUND FMF

Help FMF to promote the rule of law, personal liberty, and economic freedom.