23 January 2025
Blaai af vir die Afrikaanse weergawe.
During the formal release of its agenda for growth and economic freedom, the Free Market Foundation (FMF) warned that the Government of National Unity (GNU) has continued the same trajectory of bad policymaking evident before the 29 May 2024 general election. The FMF’s Liberty First: The Blueprint for Growth provides a workable alternative.
Speaking at its formal launch event on Wednesday, FMF Head of Policy Martin van Staden said, “The new so-called ‘Transformation Fund’ proposal floated by the Department of Trade, Industry, and Competition (DTIC) is an example of the old, destructive ideological policymaking South Africans have grown used to over the past three decades.”
This occurred, the FMF noted, despite the presence of a deputy DTIC minister representing a former opposition party, and the requirement that all new policies be approved by “sufficient consensus” within the Cabinet.
The proposal for the Transformation Fund follows the signing various of statist policies by President Ramaphosa such as the Basic Education Laws Amendment (BELA) Act, the National Health Insurance (NHI) Act, as well as the continued threat of the Expropriation Bill which the President could sign at any moment.
“The GNU has not yet given us reason to believe that it will be making any substantive reforms during this term nor are there any indications of a shift in policy away from state-lead management of the economy and of society,” Van Staden added. “It is up to civil society and the constituencies of the parties that comprise the GNU to now apply significant pressure for change.”
Van Staden was joined by FMF CEO David Ansara, Deputy Head of Policy Dr Morné Malan, and Policy Officer Zakhele Mthembu on Wednesday evening at the FMF’s Johannesburg headquarters to critically assess the situation in South Africa in 2025 and the prospects for reform under the GNU.
The FMF’s own blueprint for growth provides a practical roadmap for achieving prosperity and flourishing during the present parliamentary term.
The book is a compilation of five policy papers, launched near the end of 2024, which cover the regulatory areas emphasised by the Fraser Institute’s Economic Freedom of the World (EFW) annual report:
- Freedom to Trade Internationally (press briefing | full paper)
- Size of Government (press briefing | full paper)
- Regulation (press briefing | full paper)
- Legal System and Property Rights (press briefing | full paper)
- Sound Money (press briefing | full paper)
Within each area the FMF made concrete proposals for immediate reform that would see South Africa begin to climb the EFW’s economic freedom rankings.
According to the FMF, the EFW shows that better economic freedom scores correlate closely with improved socio-economic outcomes.
“This is especially the case for the poor,” Van Staden added. “The poorest 10% in countries with the highest economic freedom scores earn some eight times more than the poor in jurisdictions with the most interventionist regimes.”
“Unfortunately, despite such evidence, South Africa has consistently favoured the latter approach in recent decades – and risks continuing its downward trajectory unless the GNU can adopt the necessary reforms to promote freedom, growth, and prosperity for all,” Van Staden concluded.
Read the full Liberty First: The Blueprint for Freedom here.
Watch the panel discussion launching the full report here.
Ends.
***
Beleidmakers word steeds geheers deur pre-RNE anti-groei ingesteldheid, waarsku FMF
23 Januarie 2025
Scroll up for the English version.
Tydens die formele vrystelling van sy agenda vir groei en ekonomiese vryheid, het die Vryemarkstigting (FMF) gewaarsku dat die Regering van Nasionale Eenheid (RNE) dieselfde trajek van slegte beleidmaking voortsit wat voor die algemene verkiesing van 29 Mei 2024 duidelik was. Die FMF se Liberty First: The Blueprint for Growth bied ‘n werkbare alternatief.
Martin van Staden, FMF se beleidshoof, het Woensdag tydens die formele bekendstellingsgeleentheid gesê: “Die nuwe sogenaamde ‘Transformasiefonds’-voorstel wat deur die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging (DTIC) gedryf is, is ‘n voorbeeld van die ou, vernietigende ideologiese beleidmaking waaraan Suid-Afrikaners gewoond geraak het oor die afgelope drie dekades.”
Dit het plaasgevind, het die FMF opgemerk, ten spyte van die teenwoordigheid van ‘n adjunk-DTIC-minister wat ‘n voormalige opposisieparty verteenwoordig, en die vereiste dat alle nuwe beleide deur “voldoende konsensus” binne die Kabinet goedgekeur moet word.
Die voorstel vir die Transformasiefonds volg op die ondertekening van verskeie staats-sentriese beleide deur President Ramaphosa, soos die Wysigingswet op Basiese Onderwyswette (BELA), die Wet op Nasionale Gesondheidsversekering (NGV), asook die voortgesette bedreiging van die Onteieningswetsontwerp wat die president enige oomblik kan onderteken.
“Die RNE het ons nog nie rede gegee om te glo dat hy enige wesenlike hervormings gedurende hierdie termyn gaan maak nie, en daar is ook geen aanduiding van ‘n verskuiwing in beleid weg van staatsgeleide bestuur van die ekonomie en die samelewing nie,” het Van Staden bygevoeg. “Dit is aan die burgerlike samelewing en die ondersteuners van die partye waaruit die RNE bestaan om nou aansienlike druk vir verandering toe te pas.”
Van Staden is Woensdagaand by die FMF se hoofkwartier in Johannesburg aangesluit deur FMF se uitvoerende hoof, David Ansara, adjunkhoof van beleid dr. Morné Malan, en beleidsbeampte Zakhele Mthembu om die situasie in Suid-Afrika in 2025 en die vooruitsigte vir hervorming onder die RNE krities te beoordeel.
Die FMF se eie bloudruk vir groei verskaf ‘n praktiese padkaart vir die bereiking van voorspoed en florering gedurende die huidige parlementêre termyn.
Die boek is ‘n samestelling van vyf beleidsdokumente, wat aan die einde van 2024 bekendgestel is, wat die regulatoriese gebiede dek wat deur die Fraser Institute se Economic Freedom of the World (EFW) jaarverslag beklemtoon word:
- Vryheid om internasionaal handel te dryf (persinligtingsessie | volledige dokument)
- Grootte van die regering (persinligtingsessie | volledige dokument)
- Regulering (persinligtingsessie | volledige dokument)
- Regstelsel en eiendomsregte (persinligtingsessie | volledige dokument)
- Betroubare geld (persinligtingsessie | volledige dokument)
Binne elke gebied het die FMF konkrete voorstelle gemaak vir onmiddellike hervorming wat sal meebring dat Suid-Afrika die EFW se ekonomiese vryheidsranglys begin klim.
Volgens die FMF wys die EFW dat beter ekonomiese vryheidtellings nou korreleer met verbeterde sosio-ekonomiese uitkomste.
“Dit is veral die geval vir die armes,” het Van Staden bygevoeg. “Die armste 10% in lande met die hoogste ekonomiese vryheidtellings verdien sowat agt keer meer as die armes in jurisdiksies met die meeste intervensionistiese regimes.”
“Ongelukkig, ten spyte van sulke bewyse, het Suid-Afrika die laaste dekades konsekwent laasgenoemde benadering bevoordeel – en die risiko loop om sy afwaartse trajek voort te sit tensy die RNE die nodige hervormings kan aanneem om vryheid, groei, en voorspoed vir almal te bevorder,” het Van Staden afgesluit.
Lees die volledige Liberty First: The Blueprint for Freedom hier.
Klik hier vir die paneelbespreking wat die volledige verslag bekendstel.
Einde.