Over 15 000 title deeds transferred: FMF celebrates its Khaya Lam Project bagging prestigious 2024 Reside Award

FMF Press Release (Growth Ownership Land 4)

23 July 2024

Blaai af vir Afrikaanse weergawe.

The Free Market Foundation (FMF) is celebrating its Khaya Lam Project being bestowed the 2024 Reside Award in the category of ‘Contributor of the Year 2024 – Company.’  

The Khaya Lam Project, initiated in 2010, is dedicated to assisting qualifying homeowners in townships in acquiring the title deeds to their properties. To date, the initiative has completed over 15,000 transfers. 

The Reside Awards 2024, an initiative of the annual Reside Summit in partnership with the Real Estate Investor magazine, ‘are a celebration of excellence in South Africa’s residential sector. They recognise leaders and innovators who are making a positive impact on the lives of South Africans. The awards showcase the best of the best in the residential sector, and they provide inspiration and motivation for others to strive for excellence.’ 

The winners in the various categories were announced at a gala dinner on 18 July 2024. The Khaya Lam award certificate was accepted by Terry Markman, Head of Khaya Lam and member of the FMF Board, who attended the dinner with his wife, Lynn. 

‘It took the FMF three years to transfer the first 100 deeds to residents in Tumahole (Parys), Free State. The handover ceremony took place in 2013, exactly 100 years after the introduction of the 1913 Natives Land Act,’ said Markman. 

In January 2023, Khaya Lam hit the 10,000 transfers milestone – an average of 1,000 transfers per annum since 2013 or 83 transfers per month. 

By end-June 2024, Khaya Lam had completed 15,632 transfers – an average of 331 transfers per month since February 2023. March 2024 was the project’s best month to date, with 495 transfers completed. 

‘Each unit transferred into the hands of private owners converts dead capital into dynamic capital. If one assumes a conservative value of R150,000 per property, Khaya Lam has injected significantly over R2,5 billion into the South African economy,’ explains Markman. 

‘None of this would have been possible without the Khaya Lam team, its generous sponsors, partner conveyancers, and the municipalities with the shared goal of bringing property rights to life,’ concludes Markman. 

Ends. 

Press inquiries

Anneke Burns
FMF Publicist
0714230079 | press@fmfsa.org

***

Meer as 15 000 titelaktes oorgedra: FMF vier sy Khaya Lam-projek met gesogte 2024 Reside-toekenning

23 Julie 2024

Scroll up for English version.

Die Vryemarkstigting (FMF) vier sy Khaya Lam-projek wat die 2024 Reside-toekenning in die kategorie ‘Bydraer van die Jaar 2024 – Maatskappy’ toegeken is. 

Die Khaya Lam-projek, wat in 2010 begin is, is toegewy daaraan om kwalifiserende huiseienaars in informele nedersettings te help om die titelaktes van hul eiendomme te bekom. Tot op hede het die inisiatief meer as 15 000 oordragte voltooi. 

Die Reside Awards 2024, ‘n inisiatief van die jaarlikse Reside Summit in vennootskap met die Real Estate Investor -tydskrif, ‘is ‘n viering van uitnemendheid in Suid-Afrika se residensiële sektor. Hulle erken leiers en innoveerders wat ‘n positiewe impak op die lewens van Suid-Afrikaners maak. Die toekennings wys die beste van die beste in die residensiële sektor, en dit verskaf inspirasie en motivering vir ander om na uitnemendheid te streef.’ 

Die wenners in die verskillende kategorieë is tydens ‘n galadinee op 18 Julie 2024 aangekondig. Die Khaya Lam-toekenningsertifikaat is deur Terry Markman, hoof van Khaya Lam en lid van die FMF-raad, wat die dinee saam met sy vrou, Lynn, bygewoon het, aanvaar. 

‘Dit het die FMF drie jaar geneem om die eerste 100 aktes aan inwoners in Tumahole (Parys), Vrystaat, oor te dra. Die oorhandigingseremonie het in 2013 plaasgevind, presies 100 jaar ná die instelling van die 1913 Naturellegrond-wet,” het Markman gesê. 

In Januarie 2023 het Khaya Lam die mylpaal van 10 000 oordragte bereik – ‘n gemiddeld van 1 000 oordragte per jaar sedert 2013 of 83 oordragte per maand. 

Teen einde Junie 2024 het Khaya Lam 15 632 oordragte voltooi – ‘n gemiddeld van 331 oorplasings per maand sedert Februarie 2023. Maart 2024 was die projek se beste maand tot nog toe, met 495 oordragte voltooi. 

‘Elke eenheid wat in die hande van private eienaars oorgedra word, skakel dooie kapitaal in dinamiese kapitaal om. As ‘n mens ‘n konserwatiewe waarde van R150 000 per eiendom aanneem, het Khaya Lam aansienlik meer as R2,5 miljard in die Suid-Afrikaanse ekonomie ingespuit,’ verduidelik Markman. 

“Niks hiervan sou moontlik gewees het sonder die Khaya Lam-span, sy vrygewige borge, vennoot-aktebesorgers en die munisipaliteite met die gedeelde doel om eiendomsreg tot lewe te bring nie,” sluit Markman af. 

Einde.

Persnavrae

Anneke Burns
FMF Publisiteitsbeampte
0714230079 | press@fmfsa.org

Share

Fund the FMF

Help FMF to promote the rule of law, personal liberty, and economic freedom.

For more content like this, Subscribe to FMF