4 November 2024
Blaai af vir Afrikaanse weergawe.
The Free Market Foundation (FMF) has called on the Government of National Unity (GNU) to cut the job-killing regulations that are being imposed on a South African business environment already struggling to stay afloat.
This follows the release of a policy paper by the FMF titled, “Liberty First: Regulation.” In the report, FMF Deputy Head of Policy, Dr Morné Malan, highlights several significant regulatory issues weighing the South African economy down.
The paper was officially released at a press briefing on Tuesday, during which Dr Malan outlined the risks associated with the current state of over-regulation in South Africa.
“Excessive regulation, especially in South Africa’s labour, education, and healthcare sectors hampers economic growth and impedes social progress,” Dr Malan said. “Based on our analysis of, amongst others, the data presented in the Economic Freedom of the World annual report, South Africa has one of the worst regulatory environments for wage determination in the labour market and ranks in the bottom quartile for the general cost of bureaucracy as well as the distortionary impact of regulations on the business environment.”
The FMF argued that South Africa’s future depends on a regulatory framework that empowers rather than restricts, enabling the country to harness the full potential of its people and resources.
“A liberalised economy is more responsive to the needs of the people it serves. Cutting red tape and reducing bureaucratic interference will not only create economic freedom but also ensure a more dynamic, inclusive, and prosperous South Africa,” Dr Malan concluded.
Click here for a soundbite by Dr Morné Malan.
Click here to read the full paper, “Liberty First: Regulation.”
Ends.
***
RNE moet regulatoriese meulstene sny wat die ekonomie laat sink, sê FMF
4 November 2024
Scroll up for English version.
Die Vryemarkstigting (FMF) het ‘n beroep op die Regering van Nasionale Eenheid (RNE) gedoen om die werksvernietigende regulasies te verminder wat op ‘n Suid-Afrikaanse sakeomgewing wat reeds sukkel om kop bo water te hou afgedwing word.
Dit volg op die vrystelling van ‘n beleidsdokument deur die FMF getiteld, “Liberty First: Regulation.” In die verslag beklemtoon FMF se adjunk beleidshoof, dr. Morné Malan, verskeie beduidende regulatoriese kwessies wat die Suid-Afrikaanse ekonomie onderdruk.
Die verslag is Dinsdag amptelik tydens ‘n perskonferensie vrygestel, waartydens dr. Malan die risiko’s wat verband hou met die huidige toestand van oorregulering in Suid-Afrika uiteengesit het.
“Oormatige regulering, veral in Suid-Afrika se arbeids-, onderwys-, en gesondheidsorgsektore belemmer ekonomiese groei en kniehalter maatskaplike vooruitgang,” het dr. Malan gesê. “Gegrond op ons ontleding van onder meer die data wat in die Economic Freedom of the World -jaarverslag aangebied word, het Suid-Afrika een van die swakste regulatoriese omgewings vir loonbepaling in die arbeidsmark en is dit in die onderste kwartiel vir die algemene koste van burokrasie sowel as die verdraaiende impak van regulasies op die sake-omgewing.”
Die FMF het aangevoer dat Suid-Afrika se toekoms afhang van ‘n regulatoriese raamwerk wat eerder bemagtig as beperk, wat die land in staat stel om die volle potensiaal van sy mense en hulpbronne te benut.
“’n Geliberaliseerde ekonomie reageer vinniger en beter op die behoeftes van die mense wat dit bedien. Die sny van rompslomp en die vermindering van burokratiese inmenging sal nie net ekonomiese vryheid skep nie, maar ook ‘n meer dinamiese, inklusiewe, en welvarende Suid-Afrika verseker,” het dr. Malan afgesluit.
Klik hier vir ‘n klankgreep deur dr. Morné Malan.
Klik hier om die volledige verslag, “Liberty First: Regulation”, te lees.
Einde.