7 October 2025
Blaai af vir Afrikaanse weergawe.
The Free Market Foundation (FMF) launched a report at a press briefing today highlighting the alarming anti-democratic nature of the process to adopt the proposed Tobacco Products and Electronic Delivery Systems Control Bill.
Authored by FMF Senior Associate Nicholas Woode-Smith, and edited by FMF Head of Policy Martin van Staden, the report, “South Africa’s Tobacco Bill: A Case-Study in Anti-Democratic Lawmaking”, uncovers procedural violations, inadequate public participation, and excessive influence from unelected entities, including foreign NGOs and the World Health Organisation (WHO)’s Framework Convention on Tobacco Control (FCTC).
The Tobacco Bill aims to curb smoking through stringent measures, including public smoking bans, standardised packaging, advertising prohibitions, and severe penalties – in some cases up to 20 years’ imprisonment for non-compliance.
The Bill also grants the Minister of Health and a proposed Monitoring Committee sweeping powers to create regulations without legislative oversight, undermining South Africa’s constitutional separation of powers.
Critically, the Bill fails to distinguish between harmful combustible tobacco and less harmful alternatives like e-cigarettes, ignoring global evidence supporting harm reduction strategies.
Van Staden emphasised the broader implications.
“The Tobacco Bill is not just about public health; it’s a case study in how democratic processes can be eroded. The disregard for public input, the bypassing of key institutions like NEDLAC, and the undue influence of foreign agendas, set a dangerous precedent for lawmaking in South Africa. Democracy demands evidence-based policymaking informed by a mandate from citizens, not box-ticking exercises driven by ideological crusades.”
The report details a deeply flawed legislative process.
Initially drafted in 2018, the Bill underwent significant changes by 2022, effectively becoming a new proposal without restarting mandatory public consultations.
The Socio-Economic Impact Assessment (SEIA) was incomplete, lacking a cost-benefit analysis and empirical rigour, and was in part overseen by parties with clear anti-tobacco biases.
Over 21,000 public submissions in 2018 were seemingly ignored, and the National Economic Development and Labour Council (NEDLAC) was sidelined until 2024, with its eventual engagement reduced to a formality.
“The Tobacco Bill has betrayed the principle of plurality. Far from achieving compromise, it has betrayed many of the principles that underly the Constitution. And, by pushing for the Bill in such a manner, the Department of Health and some members of the Portfolio Committee on Health in the previous term have perhaps unwittingly harmed the democratic processes, setting a precedent that inevitably erodes the freedom of all South Africans,” writes Woode-Smith in the report.
The report cites violations of legal precedents during the public hearings, such as insufficient notice periods (some as short as one day) and inaccessible venues that excluded many stakeholders.
Critics of the Bill, including experts advocating for harm reduction, were marginalised or silenced, while anti-tobacco advocates were given undue preference. The influence of foreign entities, particularly the WHO and its FCTC, has overshadowed South African interests, with the report warning that the Bill’s alignment with international agendas risks undermining national sovereignty.
The report also refers to the substantive flaws in the Bill.
The Bill necessarily fails to address the illicit tobacco trade, which dominates 60-70% of the market, rendering the intervention ineffective as it only regulates a fraction of the industry.
Economically, the Bill threatens billions in tax revenue and thousands of jobs in a country grappling with over 33% unemployment.
Woode-Smith warns: “The Bill will not attain the goal of reducing smoking. It will only push more smokers away from taxed, legal cigarettes, and into the hands of the illicit market, taking money from the fiscus and enabling illegal cartels to grow their market share even more.”
A further report on how the Tobacco Bill undermines the rule of law will soon follow.
The FMF calls for the Bill to be scrapped due to its irredeemably flawed process, or at least substantially amended to address stakeholder concerns, incorporate harm reduction, and limit ministerial overreach.
A new, impartial SEIA and genuine public consultation are essential.
“South Africa cannot afford to sacrifice constitutional freedom just to satisfy busybodies in Geneva. The Tobacco Bill, as it stands, not only fails to achieve its public health goals but also erodes public trust in the legislative process, and the very democratic principle underlying it,” concludes Van Staden.
Click here to read the full report.
Click here to view the livestream of the press conference.
Ends.
***
Vryemarkstigting loods verslag wat anti-demokratiese gebreke in Tabakwetsontwerp-proses blootlê
7 Oktober 2025
Scroll up for English version.
Die Vryemarkstigting (FMF) het vandag tydens ’n perskonferensie ’n verslag bekendgestel wat die kommerwekkende anti-demokratiese aard van die proses om die voorgestelde Wetsontwerp op die Beheer van Tabakprodukte en Elektroniese Afleweringstelsels aan te neem, uitlig.
Die verslag, getitel “South Africa’s Tobacco Bill: A Case-Study in Anti-Democratic Lawmaking”, is geskryf deur FMF Senior Medewerker Nicholas Woode-Smith en geredigeer deur FMF Beleidshoof Martin van Staden. Dit ontbloot prosedurele gebrekke, onvoldoende openbare deelname, en oormatige invloed van onverkose entiteite, insluitend buitelandse nie-regeringsorganisasies en die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) se Raamwerkkonvensie oor Tabakbeheer (FCTC).
Die Tabakwetsontwerp beoog om rook te bekamp deur streng maatreëls, insluitend ‘n verbod op rook in openbare plekke, gestandaardiseerde verpakking, ‘n advertensieverbod, en swaar strafmaatreëls – in sommige gevalle tot 20 jaar gevangenisstraf vir nie-nakoming.
Die wetsontwerp verleen ook aan die Minister van Gesondheid en ’n voorgestelde Moniteringskomitee verregaande magte om regulasies sonder parlementêre toesig te skep, wat Suid-Afrika se grondwetlike skeiding van magte ondermyn.
Van kardinale belang is dat die wetsontwerp nie onderskeid tref tussen skadelike brandbare tabak en minder skadelike alternatiewe soos e-sigarette nie, en wêreldwye bewyse wat skadeverminderingstrategieë ondersteun, word geïgnoreer.
Van Staden het die breër implikasies beklemtoon:
“Die Tabakwetsontwerp gaan nie net oor openbare gesondheid nie; dit is ’n gevallestudie in hoe demokratiese prosesse ondermyn kan word. Die verontagsaming van openbare insette, die omseiling van sleutelinstellings soos NEDLAC, en die onbehoorlike invloed van buitelandse agendas, stel ’n gevaarlike presedent vir wetgewing in Suid-Afrika. Demokrasie vereis bewysgebaseerde beleidvorming wat deur ’n mandaat van burgers ingelig word, nie blote formaliteite gedryf deur ideologiese kruistogte nie.”
Die verslag beskryf ’n diep gebrekkige wetgewingsproses.
Oorspronklik in 2018 opgestel, die wetsontwerp het teen 2022 aansienlike veranderinge ondergaan, wat dit in wese ’n nuwe voorstel gemaak het sonder om verpligte openbare konsultasies oor te begin.
Die Sosio-Ekonomiese Impakassessering (SEIA) was onvolledig, met ’n gebrek aan ’n koste-en-voordeelanalise en empiriese deeglikheid, en is deels deur partye met duidelike anti-tabakvooroordele gedryf.
Meer as 21,000 openbare voorleggings in 2018 is skynbaar geïgnoreer, en die Nasionale Ekonomiese Ontwikkelings- en Arbeidsraad (NEDLAC) is tot 2024 uitgesluit, met sy uiteindelike betrokkenheid tot ’n blote formaliteit gereduseer.
Woode-Smith skryf in die verslag: “Die Tabakwetsontwerp het die beginsel van pluraliteit verdraai. In plaas van kompromie te bereik, het dit baie van die beginsels wat die Grondwet onderlê, geskend. Deur die wetsontwerp op so ’n wyse te bevorder, het die Departement van Gesondheid en sekere lede van die Portefeuljekomitee oor Gesondheid in die vorige term, moontlik onwetend, demokratiese prosesse benadeel en ’n presedent geskep wat onvermydelik die vryheid van alle Suid-Afrikaners ondermyn.”
Die verslag verwys na oortredings van regsvoorskrifte tydens openbare verhore, soos onvoldoende kennisgewingstye (sommige so kort as een dag), en ontoeganklike lokale wat baie belanghebbendes uitgesluit het.
Kritici van die wetsontwerp, insluitend kundiges wat skadevermindering voorstaan, is gemarginaliseer of stilgemaak, terwyl anti-tabakvoorstanders onbehoorlike voorkeur geniet het.
Die invloed van buitelandse entiteite, veral die WGO en sy FCTC, het Suid-Afrikaanse belange oorskadu. Die verslag waarsku dat die wetsontwerp se belyning met internasionale agendas nasionale soewereiniteit bedreig.
Die verslag verwys ook na wesenlike gebreke in die wetsontwerp.
Die wetsontwerp faal noodwendig om die onwettige tabakhandel, wat 60-70% van die mark domineer, aan te spreek, wat die ingryping ondoeltreffend maak aangesien dit slegs ’n fraksie van die bedryf reguleer. Ekonomies bedreig die wetsontwerp miljarde in belastinginkomste en duisende werksgeleenthede in ’n land met meer as 33% werkloosheid.
“Die wetsontwerp sal nie die doelwit bereik om rook te verminder nie. Dit sal slegs meer rokers wegdryf van belaste, wettige sigarette, na die onwettige mark, wat inkomste uit die fiskus wegneem en onwettige kartels in staat stel om hul markaandeel verder uit te brei,” waarsku Woode-Smith.
’n Verdere verslag oor hoe die Tabakwetsontwerp die heerskappy van die reg ondermyn, sal binnekort volg.
Die FMF doen ’n oproep dat die wetsontwerp weens sy onherstelbare gebrekkige proses geskrap word, of ten minste aansienlik gewysig word om belanghebbendes se kommer aan te spreek, skadevermindering in te sluit, en ministeriële oormag te beperk. ’n Nuwe, onpartydige SEIA en bona fide openbare konsultasie is noodsaaklik.
“Suid-Afrika kan dit nie bekostig om grondwetlike vryheid op te offer net om bemoeisiekes in Genève tevrede te stel nie. Die Tabakwetsontwerp, soos dit tans staan, misluk nie net om sy openbare gesondheidsdoelwitte te bereik nie, maar ondermyn ook openbare vertroue in die wetgewingsproses, en die demokratiese beginsel wat daaraan ten grondslag lê.”
Klik hier om die volledige verslag te lees.
Klik hier om die regstreekse uitsending van die perskonferensie te besigtig.
Einde.




